1 Peter 4:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar laat niemand van julle ly as 'n moordenaar of as 'n dief of as 'n kwaaddoener of as 'n besige persoon in ander se sake nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As een van julle swaarkry, moet dit nie wees omdat hy ’n moordenaar is of ’n dief of ’n misdadiger of ’n kwaadstoker nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van 'n ander bemoei nie. |
| Afrikaans 1983 | As een van julle ly, moet dit nie wees omdat hy 'n moordenaar is of 'n dief of 'n misdadiger of 'n kwaadstoker nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Niemand van julle moet immers as moordenaar of dief of kwaaddoener of bemoeisieke ly nie; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want niemand van julle moet swaarkry omdat hy 'n moordenaar is, of omdat hy 'n dief is, of omdat hy iemand is wat slegte dinge doen, of omdat hy nuuskierig is en praat oor ander mense nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is egter heeltemal ’n ander saak as julle in die moeilikheid kom omdat julle iemand doodgemaak of ’n ander se goed gesteel het, sommer afstootlik opgetree of net skoor gesoek het. |