1 Peter 4:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As julle oor die Naam van Christus gesmaad word, is julle gelukkig; want die Gees van heerlikheid en van God rus op julle; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Beskou julleself gelukkig wanneer julle beledig word omdat julle Christene is. Dit is ’n bewys dat die Gees wat heerlikheid bewerk, die Gees van God, in julle bly. |
| Afrikaans 1933/1953 | As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik. |
| Afrikaans 1983 | Geseënd is julle wanneer julle beledig word ter wille van die Naam van Christus. Dit is 'n bewys dat die Gees aan wie die heerlikheid behoort, die Gees van God, op julle bly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As julle ter wille van Christus se Naam beledig word – gelukkig is julle, omdat die Gees van heerlikheid, dit is die Gees van God, op julle rus. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer ander mense vir julle beledig omdat julle aan Christus behoort, dan is julle gelukkige mense, want dan sal die Gees van Christus wat die Koning is, die Gees van God, by julle bly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As mense lelik met julle praat omdat julle Jesus s’n is, moet julle bly wees. Dit is vir julle ’n bewys dat God se Gees, wat groot en belangrik is, in julle lewe aan die werk is en dat mense dit raaksien. |