1 Peter 4:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Aangesien Christus dan vir ons in die vlees gely het, wapen julle ook met dieselfde gesindheid;
Afrikaans (NLV) 2011 Omdat Christus dan liggaamlik gely het, moet julle julleself met dieselfde gedagte bewapen, en self bereid wees om liggaamlik te ly. As julle bereid is om liggaamlik te ly, het julle met die sonde afgereken.
Afrikaans 1933/1953 Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde,
Afrikaans 1983 Omdat Christus dan liggaamlik gely het, moet julle julle ook met die gedagte wapen dat wie liggaamlik gely het, met die sonde afgereken het:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Omdat •Christus dan liggaamlik gely het, moet julle ook julleself bewapen met dieselfde insig, naamlik dat iemand wat liggaamlik gely het, met die sonde klaar is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle weet dat Christus baie swaar gekry het toe Hy 'n mens op die aarde was. Julle moet dit onthou sodat julle geloof sterk kan wees, want julle weet dat 'n mens wat swaargekry het, nie meer sonde wil doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus het as mens hier op aarde ook baie gely. As julle swaarkry, moet julle net soos Hy maak. Sy voorbeeld moet julle sterk maak. Iemand wat so swaarkry as mens, hou hom nie meer met die sonde op nie.