1 Peter 3:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So 'n figuur waarmee selfs die doop ons ook nou red (nie die wegdoening van die vuilheid van die vlees nie, maar die antwoord van 'n goeie gewete teenoor God) deur die opstanding van Jesus Christus.
Afrikaans (NLV) 2011 Die redding in die ark is ’n voorteken van die doop, waardeur julle ook nou gered word. Die doop red julle deur die opstanding van Jesus Christus. Die doop is nie ’n afwassing van die vuilheid van die liggaam nie, maar ’n pleit voor God dat jou gewete skoon bly.
Afrikaans 1933/1953 waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as 'n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as 'n bede tot God om 'n goeie gewete -- deur die opstanding van Jesus Christus
Afrikaans 1983 Dit dui op die doop, waardeur julle ook nou gered word. Die doop is nie 'n afwassing van die vuilheid van die liggaam nie, maar 'n bede tot God om 'n skoon gewete, en dit red julle op grond van die opstanding van Jesus Christus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die doop, wat 'n teenbeeld hiervan is, red ook julle nou. Die doop dien nie as 'n verwydering van die vuilheid van die liggaam nie, maar as 'n smeekgebed tot God om 'n skoon gewete, op grond van die opstanding van Jesus Christus –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie water is 'n teken van die doop, God red julle nou met die doop. Die doop was nie ons liggame skoon nie, maar dit red ons omdat God vir Jesus Christus weer laat lewe het. Wanneer ons gedoop word, dan belowe ons vir God dat ons gehoorsaam sal wees aan Hom. Ons weet dat ons nie skuldig is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie dinge is eintlik vir ons ’n voorbeeld van wat op geestelike gebied by die doop gebeur. Daar skei die paaie van die mense wat gered word en dié wat nie gered word nie. Dit gaan nie oor vuilgoed wat die water van jou liggaam afwas nie. Dit gaan eerder oor dit wat binne-in jou gebeur. Dit gaan daaroor dat jy God opreg vra om alles weg te vat wat jou skuldig laat voel. Dit is moontlik omdat Jesus uit die graf opgestaan het en leef.