1 Peter 3:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, laat hom sy tong weerhou van wat sleg is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want die Skrif sê: “As jy die lewe wil liefhê en goeie dae wil beleef, moet jy jou tong weghou van kwaadpraat en jou lippe van leuens. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie. |
| Afrikaans 1983 | Daar staan geskrywe: “As iemand die lewe liefhet en 'n lang lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Immers, “wie die lewe wil liefhê, en goeie dae wil beleef – laat hy sy tong weerhou van wat sleg is, en sy lippe daarvan om bedrog te spreek, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand wat lief is vir die lewe en wat graag goeie dinge wil hê, moenie sleg praat van mense nie en hy moenie lieg nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar staan mos geskryf: “Wie van die lewe hou en die beste daaruit wil haal, moet ’n wag voor sy mond sit. Hy moet nie lelik praat of hom met allerhande liegstories ophou nie. |