1 Kings 9:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En by hierdie huis wat hoog is, sal elkeen wat daar verbygaan, hom verbaas en fluit; en hulle sal sê: Waarom het die HERE so met hierdie land en met hierdie huis gedoen?
Afrikaans (NLV) 2011 Al is dit so dat hierdie tempel nou ’n indrukwekkende gebou is, sal dit dan ’n ontstellende gesig word vir almal wat verbygaan. Hulle sal smalend spot en vra: ‘Hoekom het die Here sulke verskriklike dinge aan sy land en sy tempel gedoen?’
Afrikaans 1933/1953 En hierdie huis wat so hoog is -- elkeen wat daarlangs verbygaan, sal hom verbaas en spot, en hulle sal vra: Waarom het die HERE so gedoen met hierdie land en met hierdie huis?
Afrikaans 1983 Ja, hoe uitsonderlik hierdie tempel ook al was, elke verbyganger sal dan van verbasing sy asem intrek en fluit en vra: ‘Waarom het die Here dit gedoen aan dié land en dié tempel?’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en hierdie tempel sal 'n puinhoop word. Elkeen wat daar verbygaan, sal verslae wees en fluit en vra, ‘Waarom het die Here so iets gedoen aan hierdie land en aan hierdie tempel?’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie tempel sal 'n hoop klippe word. Elkeen wat hier verbygaan, sal skrik en fluit en vra: ‘Hoekom het die Here dit gedoen met hierdie land en met hierdie tempel?’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Al die aarde se mense sal Israel dan begin spot en verag. Wanneer die tempel tot op die grond afgebreek is, sal elke verbyganger met skok vra: ‘Waarom het die Here dit aan die land en die tempel en sy mense gedoen?’