1 Kings 9:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal Ek Israel uitroei uit die land wat Ek aan hulle gegee het; en hierdie huis wat Ek vir my Naam geheilig het, sal Ek van my aangesig wegwerp; en Israel sal 'n spreekwoord en 'n spot wees onder al die volke.
Afrikaans (NLV) 2011 dan sal Ek Israel uitruk uit hierdie land wat Ek vir hulle gegee het. Ek sal hierdie tempel wat Ek tot eer van my Naam geheilig het, voor My wegvee. Ek sal Israel tot ’n voorwerp van spot en hoon onder die volke maak.
Afrikaans 1933/1953 dan sal Ek Israel uit die land uitroei wat Ek hulle gegee het, en die huis wat Ek vir my Naam geheilig het, sal Ek van my aangesig wegwerp, sodat Israel 'n spreekwoord en 'n spotlied sal word onder al die volke.
Afrikaans 1983 sal Ek Israel wegdryf uit die land wat Ek hulle gegee het, en sal Ek hierdie tempel wat Ek vir my Naam geheilig het, voor My wegvee. Ek sal Israel 'n spot en 'n skimp maak onder al die volke.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sal Ek Israel uitroei van die grond af wat Ek hulle gegee het, en die tempel wat Ek geheilig het vir my Naam, sal Ek uit my teenwoordigheid verwyder. Dan sal Israel 'n spreuk en 'n spotnaam word onder al die volke,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dan sal Ek Israel wegvat uit die land wat Ek vir hulle gegee het en Ek sal hierdie tempel laat verwoes, die tempel wat Ek gewy het om aan My te behoort. Dan sal al die volke praat van die Israeliete en hulle sal die Israeliete spot.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) sal Ek my volk Israel van hierdie grond wat Ek aan hulle gegee het, wegjaag. Ek sal padgee van hierdie tempel af en wanneer hulle my daar aanbid, sal Ek net nie daar wees nie.