1 Kings 9:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as jy voor my aangesig wandel soos jou vader Dawid gewandel het, in opregtheid van hart en in opregtheid, om te doen volgens alles wat ek jou beveel het, en my insettinge en my verordeninge te onderhou;
Afrikaans (NLV) 2011 Wat jou betref: Dien My met opregtheid en vroomheid soos jou pa, Dawid, gedoen het, doen alles wat Ek beveel het en voer my bevele en voorskrifte uit.
Afrikaans 1933/1953 En wat jou betref, as jy wandel voor my aangesig soos jou vader Dawid gewandel het, met 'n volkome hart en in opregtheid deur te doen net soos Ek jou beveel het, en my insettinge en verordeninge onderhou,
Afrikaans 1983 “En jy, as jy soos jou vader Dawid opreg en met oorgawe voor My leef en alles doen wat Ek jou beveel en my voorskrifte en bepalings nakom,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En jy, as jy voor My leef soos jou vader Dawid geleef het, met 'n eerlike hart en in opregtheid, deur op te tree volgens alles wat Ek jou beveel, en my vaste voorskrifte en beslissings nakom,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En jy, as jy heeltemal reg lewe voor My, soos jou pa Dawid gelewe het, en jy doen alles wat Ek vir jou sê, as jy doen wat Ek wil hê en wat Ek besluit,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As jy My sal liefhê en met jou hele wese sal dien soos jou pa Dawid gedoen het, sal dit met jou baie goed gaan.