1 Kings 9:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir hom: Ek het jou gebed en jou smeking gehoor wat jy voor My aangesig gedoen het: Ek het hierdie huis wat jy gebou het, geheilig om my Naam daar te vestig tot in ewigheid; en my oë en my hart sal altyd daar wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê vir hom: “Ek het jou gebed en jou smeking gehoor. Hierdie tempel wat jy gebou het, heilig Ek sodat my Naam altyd daar vereer sal word. Ek sal voortdurend ’n wakende oog daaroor hou en dit onder my sorg neem. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die HERE sê vir hom: Ek het jou gebed en jou smeking gehoor wat jy voor my aangesig uitgespreek het; Ek het hierdie huis wat jy gebou het, geheilig deur my Naam daar te vestig tot in ewigheid; en my oë en my hart sal daar altyd wees. |
| Afrikaans 1983 | en vir hom gesê: “Ek het jou gebed en jou smeking wat jy tot My gerig het, verhoor. Ek heilig hierdie tempel wat jy gebou het, sodat my Naam altyd daar sal wees. Ek sal altyd daarvoor sorg en daaraan dink. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir hom gesê: “Ek het jou gebed, jou smeekbede wat jy pleitend voor My uitgespreek het, gehoor. Ek het hierdie •tempel wat jy gebou het, geheilig deur my Naam vir altyd daar te vestig. My oë en my hart sal altyd daar wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Salomo gesê: “Ek het gehoor toe jy tot My gebid het en gesoebat het. Ek wy hierdie tempel om aan My te behoort. Ek sal altyd daarvoor sorg en daaraan dink. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het vir hom gesê: “Ek het gehoor wat jy alles in jou gebed gevra het. Ek sal vir hierdie plek sorg, want dit is waar Ek vir altyd aanbid gaan word. Dag vir dag sal Ek dit oppas. |