1 Kings 9:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Salomo het drie maal in 'n jaar brandoffers en dankoffers gebring op die altaar wat hy vir die HERE gebou het, en hy het reukwerk laat opgaan op die altaar wat voor die aangesig van die HERE was. So het hy die huis klaargemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Salomo het drie keer per jaar brandoffers en maaltydoffers gebring op die altaar wat hy vir die Here gebou het. Hy het ook wierookoffers vir die Here gebrand. So het hy al sy verpligtings in die tempel nagekom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Salomo het drie maal in die jaar brandoffers en dankoffers gebring op die altaar wat hy vir die HERE gebou het, hy het naamlik rook laat opgaan by die altaar wat daar was voor die aangesig van die HERE, sodat hy die huis voltooi het. |
| Afrikaans 1983 | Salomo het drie maal per jaar brandoffers en maaltydoffers gebring op die altaar wat hy vir die Here gebou het, en daarmee saam wierookoffers vir die Here gebrand. So het hy sy verantwoordelikheid in die tempel nagekom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Salomo het drie keer per jaar •brandoffers en •maaltydoffers gebring op die altaar wat hy vir die Here gebou het, en daarmee saam het hy wierook gebrand op die altaar wat voor die Here was. Hy het ook die tempel in stand gehou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het drie maal elke jaar brand-offers en ete-offers gebring op die altaar wat hy vir die Here gebou het en hy het wierook-offers gebrand vir die Here. Dit was nadat hy die tempel klaar gebou het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Salomo het gereeld drie keer per jaar, tydens pase, pinkster en die loofhuttefees, brandoffers en dankoffers op die altaar geoffer wat hy vir die Here gebou het. Salomo het al sy verantwoordelikhede by die tempel nagekom. |