1 Kings 9:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Farao se dogter het uit die stad van Dawid opgetrek na haar huis wat Salomo vir haar gebou het; toe het hy Millo gebou.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat die dogter van die farao uit die Dawidstad oorgetrek het na die nuwe paleis wat hy vir haar gebou het, het hy ook die terras gebou.
Afrikaans 1933/1953 Skaars het die dogter van Farao opgetrek uit die stad van Dawid na haar huis wat hy vir haar gebou het, of hy het Millo gebou.
Afrikaans 1983 Nadat die dogter van die farao oorgetrek het van die Dawidstad af na die huis wat Salomo vir haar gebou het, het hy die terras gebou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Eers nadat die dogter van die farao uit die •Stad van Dawid opgegaan het na haar paleis wat Salomo vir haar gebou het, het hy die terrasse herbou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Salomo het die terras gebou nadat die farao se dogter uit die Dawidstad getrek het na die huis wat Salomo vir haar gebou het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nadat Salomo se Egiptiese vrou, die dogter van die Egiptiese koning, uit die ou Dawidstad na haar nuwe huis getrek het, het Salomo begin om die oostelike deel van die stad met grond op te vul en ’n terras te bou.