1 Kings 9:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit was die owerstes van die opsigters wat oor Salomo se werk was, vyf honderd en vyftig, wat geheers het oor die volk wat die werk gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011 Verder het hy 550 van hulle as beamptes aangestel om toesig te hou oor al die verskillende projekte.
Afrikaans 1933/1953 Dit was die hoofopsigters van Salomo oor die werk: vyf honderd en vyftig wat oor die mense wat die werk verrig, bevel gevoer het.
Afrikaans 1983 Daar was ook nog die volgende getal uitvoerende beamptes oor wie koning Salomo beskik het: vyf honderd en vyftig wat gesag uitgeoefen het oor die werksmense.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle was ook die hoofopsigters wat in beheer was van Salomo se bouwerk – vyfhonderd-en-vyftig man wat bevel gevoer het oor die mense wat die werk moes doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was 550 manne wat moes kyk dat Salomo se werkers goed werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ongeveer 550 amptenare het oor die dwangarbeiders toesig gehou, asook oor hulle bouwerk op verskillende plekke.