1 Kings 9:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar van die kinders van Israel het Salomo geen slawe gemaak nie, maar hulle was krygsmanne en sy dienaars en sy vorste en sy owerstes en owerstes oor sy strydwaens en sy ruiters.
Afrikaans (NLV) 2011 Salomo het egter geen Israeliet vir dwangarbeid gebruik nie. Hulle was sy soldate, sy lyfwag, sy staatsamptenare, offisiere in sy leër, aanvoerders van sy strydwaens en sy berede magte.
Afrikaans 1933/1953 Maar van die kinders van Israel het Salomo niemand 'n slaaf gemaak nie, maar hulle was krygsmanne en sy dienaars en sy owerstes en sy adjudante en owerstes oor sy strydwaens en sy perderuiters.
Afrikaans 1983 Salomo het nie die Israeliete as arbeiders gebruik nie; hulle was sy soldate, sy lyfwag, sy amptenare, die aanvoerders van sy strydwabemannings, sy strydwamag en sy berede mag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar van die Israeliete het Salomo niemand onderwerp aan slawediens nie, want hulle was krygsmanne, sy dienaars, bevelvoerders, adjudante en die •aanvoerders van sy strydwamag en ruitery.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Salomo het gesê die Israeliete mag nie slawe word nie. Hulle was die manne wat oorlog moes maak en wat die koning moes oppas. Hulle was sy amptenare en offisiere en die hoofde van die soldate op die oorlogkarre en perde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo het nooit Israeliete as dwangarbeiders gebruik nie. Hulle was die soldate, die offisiere, die generaals, die drywers van die oorlogswaens en die ruiters.