1 Kings 9:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit is die rede vir die heffing wat koning Salomo opgehef het; om die huis van die HERE te bou en sy huis en Millo en die muur van Jerusalem en Hasor en Megiddo en Geser.
Afrikaans (NLV) 2011 Salomo het dwangarbeid gebruik om die volgende projekte te bou: die tempel van die Here, die koninklike paleis, die terras en die muur van Jerusalem. Hy het ook die stede Hasor, Megiddo en Geser met hulle herbou.
Afrikaans 1933/1953 En dit was die saak van die dwangarbeiders wat koning Salomo laat opkom het om die huis van die HERE en sy huis en Millo en die muur van Jerusalem en Hasor en Meg¡ddo en Geser te bou.
Afrikaans 1983 Vir die bou van die huis van die Here en die paleis, die terras en die muur van Jerusalem, en vir die herbou van die stede Hasor, Megiddo en Geser het koning Salomo van dwangarbeid gebruik gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dít was die doel met die verpligte diens waartoe koning Salomo mense opgeroep het: om die huis van die Here te bou, asook sy eie paleis, die terrasse, die stadsmuur van Jerusalem, Gasor, Megiddo en Geser.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Salomo het mense baie hard laat werk om die tempel en sy paleis te bou. Hy het ook die terras en die muur van Jerusalem en die stede Hasor, Megiddo en Geser gebou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Salomo het mense gedwing om die tempel en die paleis te bou. Hy het hulle ook gedwing om die oostekant van die stad met grond op te vul en ’n stadsmuur te bou. Met dwangarbeiders het hy ook die stede Hasor, Megiddo en Geser herbou.