1 Kings 9:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) (Nou het Hiram, die koning van Tirus, vir Salomo met sederbome en sipresbome en met goud voorsien volgens al sy begeertes, en koning Salomo het toe aan Hiram twintig stede in die land Galilea gegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het hy twintig dorpe in Galilea as betaling vir Hiram van Tirus gegee vir al die sederhout, sipreshout en goud wat hy vir die bouprojek nodig gehad het.
Afrikaans 1933/1953 Hiram, die koning van Tirus, het Salomo gehelp met sederhout en sipreshout en goud soveel as hy wou hê -- gee koning Salomo aan Hiram twintig stede in die land Galil,a.
Afrikaans 1983 waarvoor koning Hiram van Tirus aan Salomo soveel sederhout, sipreshout en ook goud gelewer het as wat hy wou hê, het koning Salomo twintig stede in Galilea aan Hiram oorgedra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) gee koning Salomo toe vir Hiram twintig dorpe in die landstreek Galilea. Hiram, die koning van Tirus, het immers vir Salomo bygestaan met sederhout en sipreshout en goud, soveel as wat hy wou hê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Hiram van Tirus het vir Salomo die sederhout en sipreshout en goud gegee wat Salomo wou hê om die tempel en die paleis te bou. Salomo het daarna vir Hiram 20 stede in die land Galilea gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Hiram van Tirus het al die seder- en dennehout verskaf, asook al die goud wat Salomo nodig gehad het. Nadat alles voltooi is, het Salomo twintig stede in Galilea aan Hiram gegee.