1 Kings 8:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar was niks in die ark nie behalwe die twee kliptafels wat Moses daar by Horeb neergesit het toe die HERE 'n verbond gesluit het met die kinders van Israel toe hulle uit Egipteland uitgetrek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar was niks in die ark nie, behalwe die twee plat klippe wat Moses by Horeb daarin gesit het. Dit was toe die Here tydens die uittog uit Egipte ’n verbond met die Israeliete gemaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daar was niks in die ark nie as net die twee kliptafels wat Moses by Horeb daarin neergelê het, toe die HERE 'n verbond met die kinders van Israel gesluit het by hulle uittog uit Egipteland. |
| Afrikaans 1983 | Daar was niks in die ark nie behalwe die twee plat klippe wat Moses by Horeb daarin gesit het toe die Here by die uittog van die Israeliete uit Egipte met hulle 'n verbond gesluit het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was niks in die ark nie, behalwe die twee kliptafels wat Moses daarin geplaas het op Horeb, toe die Here met die Israeliete 'n verbond gesluit het tydens hulle uittog uit Egipteland. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was niks in die kis nie, net die twee plat klippe wat Moses daarin gesit het by Horeb-berg. Hy het dit gedoen toe die Here met die Israeliete 'n verbond gemaak het nadat hulle uit Egipte gekom het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar was niks in die verbondsark nie, behalwe die twee kliptafels wat Moses nog by Sinai in die ark gesit het. By Sinai het die Here met Israel na die uittog uit Egipte ’n ooreenkoms gesluit. |