1 Kings 8:66 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Op die agtste dag het hy die volk weggestuur, en hulle het die koning geseën en na hul tente gegaan, bly en bly van hart oor al die goeie wat die HERE aan sy kneg Dawid en aan sy volk Israel gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die dag daarna het Salomo die volk huis toe gestuur. Hulle het die koning met ’n seën gegroet en vertrek, vol vreugde en bly dat die Here goed was vir sy dienaar Dawid en vir sy volk Israel.
Afrikaans 1933/1953 Op die agtste dag het hy die volk laat gaan, en hulle het die koning geseënen na hul tente gegaan, verheug en opgeruimd oor al die goeie dinge wat die HERE aan sy kneg Dawid en sy volk Israel gedoen het.
Afrikaans 1983 Die dag daarna het Salomo die volk laat gaan. Hulle het hom gegroet en is terug huis toe, bly en gelukkig oor die goeie dinge wat die Here gedoen het aan sy dienaar Dawid en sy volk Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die agtste dag daarna het hy die volk laat gaan; en hulle het die koning geseën. Hulle het na hulle woonplekke gegaan, verheug en met opgeruimde harte oor al die goeie dinge wat die Here gedoen het aan sy dienskneg Dawid, en aan sy volk Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dag daarna het Salomo die volk laat gaan. Die koning het hulle gegroet en hulle het huis toe gegaan. Hulle was bly en gelukkig oor al die goeie dinge wat die Here gedoen het vir sy dienaar Dawid en vir sy volk Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het Salomo die mense huis toe gestuur. Almal was vol lof vir Salomo en vir alles wat hy gedoen het. Die volk is met groot blydskap weg omdat hulle kon sien hoe die Here se beloftes aan Dawid waar geword het.