1 Kings 8:65 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Salomo het in dié tyd 'n fees gehou, en die hele Israel saam met hom, 'n groot vergadering, van die ingang van Hamat af tot by die rivier van Egipte, voor die aangesig van die HERE onse God, sewe dae en sewe dae, veertien dae.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het Salomo en die hele Israel sewe dae lank feesgevier voor die Here. Dit was ’n groot byeenkoms, want hulle het so ver gekom as van Lebo-Hamat in die noorde tot by die Egiptespruit in die suide. Daarna het hulle nog sewe dae lank feesgevier, altesaam veertien dae.
Afrikaans 1933/1953 So het Salomo dan in die tyd die fees gehou en die hele Israel saam met hom, 'n groot vergadering van die ingang na Hamat af tot by die spruit van Egipte, voor die aangesig van die HERE onse God, sewe dae en sewe dae, veertien dae lank.
Afrikaans 1983 Salomo, en die hele Israel saam met hom wat gekom het van Lebo-Hamat af tot by Egiptespruit, 'n groot gemeente, het destyds sewe dae lank fees gehou ter ere van die Here ons God, en daarna weer sewe dae, veertien dae altesaam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Salomo het in daardie tyd die Huttefees gevier. Die hele Israel was saam met hom, 'n groot byeenkoms uit die hele land, van Lebo-Hamat af tot by die Spruit van Egipte, saam voor die Here ons God, sewe dae lank en toe nog sewe dae lank, veertien dae altesaam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Salomo en al die Israeliete saam met hom het daardie tyd feesgevier vir ons God die Here. Hulle was 'n groot volksvergadering, van die stad Lebo-Hamat tot by Egipte-spruit. Hulle het eers sewe dae lank feesgevier, en toe weer sewe dae lank, dit was alles saam 14 dae.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo en die hele Israel het sewe dae lank feesgevier. Die mense het van ver af gekom. Selfs van die Lebo-Hamat-pas in die noorde en die Egiptiese grens in die suide was daar mense. Hulle was almal so gelukkig en bly dat hulle sommer nog sewe dae aangehou het. Hulle het altesaam veertien dae lank feesgevier.