1 Kings 8:64 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Op dieselfde dag het die koning die middel van die voorhof geheilig wat voor die huis van die HERE was; want daar het hy brandoffers en spysoffers en die vet van die dankoffers gebring, want die koperaltaar wat voor die aangesig van die HERE was, was te min om die brandoffers en spysoffers en die vet van die dankoffers te ontvang. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daardie dag het die koning die middelste deel van die voorhof, wat voor die tempel van die Here was, aan Hom opgedra. Hy het brandoffers, graanoffers en die vet van die maaltydoffers daar geoffer omdat die bronsaltaar voor die tempel van die Here te klein was vir al die baie offers. |
| Afrikaans 1933/1953 | Op die dag het die koning die middel van die voorhof geheilig wat voor die huis van die HERE was; want daar het hy die brandoffer en die spysoffer en die vetstukke van die dankoffers berei, omdat die koperaltaar voor die aangesig van die HERE te klein was om die brandoffer en die spysoffer en die vetstukke van die dankoffers te bevat. |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag het die koning die middelgedeelte van die voorhof wat reg voor die huis van die Here is, gewy, want daar het hy die brandoffer en die graanoffer en die vetgedeeltes van die maaltydoffers verbrand. Die bronsaltaar wat voor die tempel van die Here gestaan het, was te klein vir die brandoffer en die graanoffer en die vetgedeeltes. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op daardie dag het die koning die binnekant van die voorhof wat voor die huis van die Here was, geheilig; want daar het hy die •brandoffers en •graanoffers gebring, asook die vet van die •maaltydoffers, omdat die bronsaltaar wat voor die Here was, te klein was vir die brandoffers, graanoffers en die vet van die maaltydoffers. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het daardie dag die middelste deel van die oop stuk grond voor die tempel gewy, want hy het die brand-offer en die koring-offer en die vet van die ete-offers daar verbrand. Hy het dit gedoen omdat die altaar voor die tempel te klein was vir al die offers. Daardie altaar was van brons. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op daardie dag het Salomo die middelgedeelte van die voorhof, wat reg voor die huis van die Here was, gewy en toe daar begin offer. Hy het brandoffers, graanoffers en die vetgedeeltes van die diere daar verbrand. Salomo het dit so gedoen omdat die bronsaltaar te klein was vir al hierdie offers. |