1 Kings 8:63 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Salomo het 'n dankoffer wat hy aan die HERE gebring het, twee-en-twintigduisend beeste en honderd-en-twintigduisend stuks kleinvee gebring. Toe het die koning en al die kinders van Israel die huis van die HERE ingewy. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Salomo het 22 000 beeste en 120 000 kleinvee as maaltydoffers aan die Here gebring. So het die koning en die hele Israel die tempel van die Here ingewy. |
| Afrikaans 1933/1953 | Salomo het naamlik as die dankoffer wat hy aan die HERE gebring het, twee en twintig duisend beeste en honderd en twintig duisend stuks kleinvee geslag; so het hulle dan die huis van die HERE ingewy, die koning en al die kinders van Israel. |
| Afrikaans 1983 | Salomo het twee en twintig duisend beeste en honderd en twintig duisend stuks kleinvee as maaltydoffer geoffer. So het die koning en al die Israeliete die huis van die Here ingewy. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Salomo het die offers geslag wat hy aan die Here opgedra het: twee-en-twintigduisend beeste en honderd-en-twintigduisend stuks kleinvee. So het die koning en al die Israeliete die huis van die Here ingewy. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Salomo het 'n ete-offer gebring. Dit was 22 000 beeste en 120 000 skape en bokke. So het die koning en al die Israeliete die tempel aan die Here gewy. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Salomo alleen het 22 000 beeste en 120 000 skape geoffer. So het Salomo en al die mense die tempel daardie dag ingewy. |