1 Kings 8:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priesters het die verbondsark van die HERE ingebring na sy plek, in die binnehuis van die huis, in die Allerheiligste, onder die vlerke van die gérubs.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het die priesters die verbondsark van die Here na die binneste heiligdom van die tempel, die Allerheiligste, gebring en dit onder die vlerke van die gerubs neergesit.
Afrikaans 1933/1953 Verder het die priesters die verbondsark van die HERE na sy plek gebring, in die binneste vertrek van die huis, in die Allerheiligste, onder die vlerke van die g,rubs in.
Afrikaans 1983 Toe het die priesters die verbondsark van die Here na sy plek toe gebring onder die vlerke van die gerubs in die binneste heiligdom van die tempel, dit is die Allerheiligste.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priesters het die verbondsark van die Here na sy plek geneem, na die heiligdom van die •tempel, na die •Allerheiligste, na sy plek onder die vlerke van die gerubs;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priesters het die verbondskis van die Here na sy plek gebring in die binneste kamer van die tempel. Dit was die hoog-gewyde plek onder die gerubs se vlerke,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het die priesters weer die verbondsark opgetel en dit binne-in die tempel ingedra. Daar het hulle dit baie versigtig onder die gerubs se vlerke in die binneste heiligdom, die Allerheiligste, gaan neersit.