1 Kings 8:59 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En laat hierdie my woorde waarmee ek voor die aangesig van die HERE gesmeek het, dag en nag naby die HERE onse God wees, dat Hy die saak van sy kneg en die saak van sy volk Israel te alle tye handhaaf, soos die saak vereis:
Afrikaans (NLV) 2011 En mag hierdie woorde wat ek voor die Here gebid het voortdurend, dag en nag, by Hom wees sodat die Here ons God my saak en die saak van sy volk Israel volgens ons daaglikse behoeftes in stand sal hou.
Afrikaans 1933/1953 En mag hierdie woorde van my, waarmee ek voor die aangesig van die HERE gesmeek het, dag en nag naby die HERE onse God wees, sodat Hy reg kan verskaf aan sy kneg en aan sy volk Israel na die eis van elke dag;
Afrikaans 1983 Mag hierdie woorde van my wat ek in my smeking voor die Here uitgespreek het, dag en nag by Hom, die Here ons God, wees, sodat Hy die reg van sy dienaar en van sy volk Israel sal handhaaf soos dit van dag tot dag nodig mag wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mag hierdie woorde van my waarmee ek voor die Here smeek, dag en nag by die Here ons God wees, sodat Hy die reg van sy dienskneg en van sy volk Israel sal handhaaf, volgens die eis van elke dag,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek bid dat ons God die Here elke dag en nag sal dink aan wat ek gesê het toe ek gesoebat het en tot Hom gebid het. Ek bid ook dat Hy sal help sodat mense elke dag reg sal doen aan my en aan sy volk Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mag die Here tog altyd hierdie gebed onthou en alles wat ek gevra het, waar maak. Mag Hy sy volk Israel en die koning altyd liefhê en mag Hy elke dag vir hulle sorg.