1 Kings 8:58 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) sodat Hy ons harte tot Hom kan neig, om in al sy weë te wandel en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te onderhou wat Hy ons vaders beveel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Mag Hy ons die gewilligheid gee om in alles sy wil te doen en om al sy gebooie, bevele en bepalings wat Hy vir ons voorouers gegee het, te gehoorsaam.
Afrikaans 1933/1953 deur ons hart tot Hom te neig om in al sy weë te wandel en om sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge wat Hy ons vaders beveel het, te onderhou.
Afrikaans 1983 Mag Hy ons gewillig maak om altyd volgens sy wil te leef en ons te hou aan sy gebooie, sy voorskrifte en sy bepalings wat Hy ons voorvaders opgelê het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat Hy ons harte na Hom sal wend om al sy paaie te volg en sy gebooie, vaste voorskrifte en bepalings na te kom wat Hy ons voorouers beveel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek bid dat Hy in ons harte sal werk sodat ons Hom graag sal wil dien en sodat ons sal lewe soos Hy wil hê en gehoorsaam sal wees aan al die wette wat Hy vir ons voorvaders gegee het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mag Hy ons gehoorsaam maak sodat ons sal doen wat Hy vra, sodat ons uit liefde vir Hom sy gebooie en sy wette sal uitleef.