1 Kings 8:56 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Geloofd sy die HERE wat aan sy volk Israel rus gegee het volgens alles wat Hy beloof het; daar het nie een woord gemis van al sy goeie belofte wat Hy deur die hand van Moses, sy kneg, beloof het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Loof die Here wat vir sy volk Israel rus gegee het soos Hy beloof het. Nie een woord van al die goeie beloftes wat Hy vir Moses gegee het, het onvervuld gebly nie.
Afrikaans 1933/1953 Geloofd sy die HERE wat aan sy volk Israel rus gegee het net soos Hy gespreek het: geen enkele woord het onvervuld gebly van al die goeie woorde wat Hy deur die diens van sy kneg Moses gespreek het nie.
Afrikaans 1983 “Geloof sy die Here wat aan sy volk Israel 'n vaste woonplek gegee het soos Hy beloof het. Nie een van die goeie beloftes wat Hy deur sy dienaar Moses gemaak het, het onvervul gebly nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Die Here moet geprys word, Hy wat aan sy volk Israel 'n rusplek gegee het, net soos Hy beloof het. Nie een van al sy goeie beloftes wat Hy by monde van sy dienskneg Moses gemaak het, het onvervuld gebly nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek prys die Here. Hy het belowe om vir sy volk Israel 'n woonplek te gee, en Hy het dit gedoen. Hy het goeie dinge gesê toe Hy sy dienaar Moses gestuur het, en dit het gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het ook gesê: “Loof die Here wat ons ’n land en vrede gegee het. Hy het sy beloftes gehou wat Hy lank reeds gemaak het.