1 Kings 8:54 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Salomo klaar was met al hierdie gebed en smeking tot die HERE, het hy opgestaan van voor die altaar van die HERE, nadat hy op sy knieë gekniel het met sy hande na die hemel uitgesprei.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat Salomo klaar gebid het en hierdie dinge van die Here gevra het, het hy opgestaan van waar hy voor die altaar van die Here met sy hande uitgestrek na die hemel toe gekniel het.
Afrikaans 1933/1953 Net toe Salomo gereed was om hierdie hele gebed en smeking tot die HERE te bid, het hy voor die altaar van die HERE opgestaan uit sy knielende houding, met sy hande na die hemel uitgebrei;
Afrikaans 1983 Nadat Salomo klaar hierdie gebed en smeking tot die Here gerig het, het hy opgestaan van waar hy voor die altaar van die Here gekniel het met sy hande uitgestrek na die hemel toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Salomo hierdie hele gebed en smeekbede tot die Here klaar gebid het, het hy dadelik opgestaan voor die altaar van die Here waar hy gekniel en sy handpalms na die hemel uitgestrek het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Salomo het voor die altaar gekniel en hy het sy hande na die hemel uitgesteek toe hy tot die Here gebid en gesoebat het. Nadat Salomo klaar tot die Here gebid het, het hy opgestaan
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo het opgestaan. Hy was nog die hele tyd voor die altaar, waar hy op sy knieë en met uitgestrekte arms gebid het.