1 Kings 8:53 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want U het hulle van die hele volk van die aarde afgesonder, om u erfdeel te wees, soos U gespreek het deur die hand van u kneg Moses, toe U ons vaders uit Egipte uitgelei het, HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Want toe U ons voorouers uit Egipte gebring het, oppermagtige Here, het U vir Moses u dienaar gesê dat U Israel afgesonder het uit al die nasies op die aarde om u eiendom te wees.”
Afrikaans 1933/1953 Want U het hulle vir U as erfdeel afgesonder uit al die volke van die aarde, soos U deur die diens van u kneg Moses gespreek het toe U, Here HERE, ons vaders uit Egipte uitgelei het.
Afrikaans 1983 U het hulle onder al die volke van die wêreld afgesonder as 'n volk vir U, Here. Dit het gebeur soos U, Here, deur u dienaar Moses gesê het toe U ons voorvaders uit Egipte gebring het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want dit is U wat hulle vir U afgesonder het as erfenis onder al die volke van die aarde, soos U beloof het by monde van Moses, u dienskneg, toe U ons voorouers uit Egipte uitgelei het, Here, my Heer.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want, Here, U wat Here is, U het ons gekies om u volk te wees, U het nie een van die ander volke van die wêreld gekies nie. Dit het gebeur soos U vir ons gesê het toe U vir Moses, u dienaar, gestuur het en toe U ons voorvaders uit Egipte gebring het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U het hulle tog self gekies. Israel en die koning het U uit al die volke van die wêreld vir U gekies. Hulle is u s’n. Dit is tog wat U vir Moses gesê het toe U hulle uit Egipte gelei het.”