1 Kings 8:52 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) sodat jou oë oop kan wees vir die smeking van u kneg en vir die smeking van u volk Israel, om na hulle te luister in alles wat hulle na U roep.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wees tog ontvanklik vir my versoeke en die smekinge van u volk Israel. Luister en antwoord hulle wanneer hulle na U roep.
Afrikaans 1933/1953 Mag u oë dan oop wees vir die smeking van u kneg en vir die smeking van u volk Israel, om na hulle te luister so dikwels as hulle U aanroep.
Afrikaans 1983 “Wees tog ontvanklik vir die smeking van u dienaar en u volk Israel, verhoor tog elke gebed wat hulle tot U rig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Laat u oë dan oop wees vir die smeekbede van u dienskneg en die smeekbede van u volk Israel, sodat U na hulle sal luister in alles waaroor hulle U aanroep;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Luister asseblief na my gebede en na die gebede van u volk Israel. Luister asseblief na elke gebed wat ons tot U bid, en doen asseblief wat ons vir U vra,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Here ons God, mag U altyd u volk en sy koning met groot deernis liefhê. Hoor tog as hulle dag en nag na U om hulp roep.