1 Kings 8:50 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En vergeef u volk wat teen U gesondig het, en al hulle oortredinge waarin hulle teen U oortree het, en betoon hulle barmhartigheid voor die wat hulle as gevangenes weggevoer het, sodat hulle medelye met hulle kan hê.
Afrikaans (NLV) 2011 Vergewe dan u volk wat teen U gesondig het, vergewe al die opstand teen U. Laat dié wat hulle gevange geneem het genade aan hulle betoon,
Afrikaans 1933/1953 en vergeef u volk wat hulle teen U gesondig het, ja, al hulle oortredinge wat hulle teen U begaan het; en laat hulle barmhartigheid vind voor die wat hulle weggevoer het, dat die hulle barmhartig kan wees.
Afrikaans 1983 en vergeef u volk wat teen U gesondig het, vergeef hulle al hulle opstandigheid teen U en laat dié wat hulle gevange hou, met hulle medelye hê,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vergewe dan u volk dit wat hulle teen U gesondig het, ja, al hulle oortredings waarmee hulle teen U oortree het. Gee dat daar vir hulle barmhartigheid sal wees by hulle ontvoerders, sodat dié barmhartig sal optree teenoor hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moet asseblief u volk vergewe wat sonde gedoen het teen U. U moet hulle vergewe dat hulle opstandig was teen U, en U moet die mense wat vir hulle gevang het, jammer laat wees vir hulle,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vergewe hulle baie sondes en hulle opstand teen U. En gee dat Israel se vyande medelye en deernis met hulle sal hê.