1 Kings 8:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En koning Salomo en die hele vergadering van Israel wat by hom vergader was, was saam met hom voor die ark en het skape en beeste geoffer wat vanweë die menigte nie getel of getel kon word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Salomo en die hele gemeente van Israel was saam voor die ark bymekaar. Hulle het kleinvee en beeste voor die ark geoffer. Daar was so baie dat niemand dit kon tel of bereken nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En terwyl koning Salomo en die hele by hom vergaderde gemeente van Israel saam met hom voor die ark staan, het hulle kleinvee en beeste geoffer wat vanweë die menigte nie getel of bereken kon word nie. |
| Afrikaans 1983 | Koning Salomo en die hele gemeente van Israel wat saam met hom voor die ark was, het soveel kleinvee en beeste geoffer dat dit nie getel of bereken kon word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Koning Salomo en die hele volksvergadering van Israel, dié wat by hom saamgetrek het en saam met hom voor die ark was, het kleinvee en beeste geoffer wat vanweë hulle hoeveelheid nie getel of bereken kon word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Salomo en die hele volksvergadering van die Israeliete wat saam met hom was, was voor die kis, en hulle het so baie skape en bokke en beeste ge-offer, dat niemand dit kon tel nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Salomo en almal saam met hom het toe voor die verbondsark, wat hulle voor die tempel neergesit het, gaan staan en begin offer. Daar was soveel kleinvee en beeste wat geoffer is dat dit nie eens getel kon word nie. |