1 Kings 8:48 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En keer terug na jou toe met hulle hele hart en met hulle hele siel in die land van hulle vyande wat hulle in ballingskap weggevoer het, en bid tot jou in die rigting van hulle land wat jy aan hulle vaders gegee het, die stad wat jy uitverkies het, en die huis wat Ek vir u Naam gebou het;
Afrikaans (NLV) 2011 luister tog na hierdie gebede. As hulle hulle heelhartig en in opregtheid tot U bekeer in die land van gevangenskap; as hulle tot U bid in die rigting van die land wat U aan hulle voorvaders gegee het en van hierdie stad wat U gekies het, en van hierdie tempel wat ek tot eer van u Naam gebou het,
Afrikaans 1933/1953 en hulle hul tot U bekeer met hul hele hart en met hul hele siel, in die land van hul vyande wat hulle weggevoer het, en hulle bid tot U in die rigting van hulle land wat U aan hulle vaders gegee het, van die stad wat U verkies het, en die huis wat ek vir u Naam gebou het,
Afrikaans 1983 en hulle tot U wend met hart en siel in die land van hulle vyande wat hulle gevange hou, en hulle bid tot U in die rigting van hulle land wat U aan hulle voorvaders gegee het en van die stad wat deur U gekies is en die tempel wat ek vir u Naam gebou het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en hulle dan met hulle hele hart en siel na U terugkeer in die land van hulle vyande wat hulle weggevoer het, en hulle tot U bid in die rigting van hulle land wat U aan hulle voorouers gegee het, die stad wat U gekies het, en die tempel wat ek vir u Naam gebou het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As hulle met hulle hele hart en lewe na U toe kom in die land van hulle vyande waar hulle gevangenes is en as hulle kyk na hierdie land wat U vir hulle voorvaders gegee het, en na die stad wat U gekies het, en na die tempel wat ek gebou het vir U, en as hulle bid tot U,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As hulle in daardie land waarlik berou het en hulle bid met hulle gesig na hierdie land, hierdie stad en hierdie tempel toe wat ek vir U gebou het,