1 Kings 8:47 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as hulle dink in die land waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, en hulle bekeer en tot U smeek in die land van die wat hulle as gevangenes weggevoer het, en sê: Ons het gesondig en verkeerd gedoen, ons het goddeloosheid gepleeg;
Afrikaans (NLV) 2011 As hulle egter in daardie land van gevangenskap hulle dalk in berou tot U bekeer en tot U smeek: ‘Ons het oortree, ons het gesondig, ons het kwaad gedoen,’
Afrikaans 1933/1953 en hulle dit ter harte neem in die land waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, en hulle hul bekeer en U smeek in die land van die wat hulle weggevoer het, en sê: Ons het gesondig en verkeerd gehandel, ons was goddeloos --
Afrikaans 1983 en hulle daar in dié land waar hulle gevangenes is, tot inkeer kom en hulle weer tot U wend en U daar in die land van hulle gevangenskap smekend aanroep: ‘Ons het gesondig, ons het verkeerd gedoen, ons is skuldig,’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en hulle tot inkeer kom in die land waarheen hulle weggevoer is en hulle bekeer en by U om genade smeek in die land van hulle ontvoerders, met die woorde, ‘Ons het gesondig en afgedwaal, ons is skuldig,’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar u volk sal miskien hulle lewe verander daar in die land waar hulle gevangenes is en hulle sal weer na U toe kom en tot U bid in daardie land en sê: ‘Ons het sonde gedoen, ons het verkeerde dinge gedoen, ons is skuldig.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) luister dan na u mense se smeekroepe. As hulle in daardie vreemde land berou kry en besef hulle het verkeerd gedoen en dit bely, verhoor dan hulle gebede.