1 Kings 8:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En luister na die smeking van u kneg en van u volk Israel wanneer hulle na hierdie plek toe bid; en luister na U in die hemel, u woonplek; en as u dit hoor, vergewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Luister tog na die smekinge wat ek en u volk Israel na hierdie plek toe sal bid. Mag U ons hoor in die hemel waar U woon, en wanneer U hoor, vergewe tog. |
| Afrikaans 1933/1953 | Luister dan na die smeking van u kneg en van u volk Israel wat hulle na hierdie plek toe sal bid; ja, mag U hoor elke gebed na u woonplek, na die hemel toe, en as U dit hoor, vergewe dan. |
| Afrikaans 1983 | Hoor tog die smeekbedes van u dienaar en u volk Israel wat hulle na hierdie plek toe bid, hoor dit tog uit u hemelse woonplek, en wanneer U dit hoor, vergewe tog! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Luister dan na die smeekbede van u dienskneg en van u volk Israel wat hulle in die rigting van hierdie plek bid. U self moet dit hoor tot by die plek waar U woon, tot in die hemel. U moet dit hoor, en U moet vergewe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Luister wanneer u dienaar en u volk Israel bid en soebat terwyl hulle na hierdie plek kyk en bid. En wanneer U dit hoor in u woonplek, die hemel, vergewe dan ons sonde. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoor ook die smekinge van u mense wanneer hulle in die rigting van die tempel kyk en bid. Hoor tog ons gebede in u hemelse woonplek en vergewe ons ons sondes. |