1 Kings 8:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom nou, HERE, God van Israel, hou by u kneg, my vader Dawid, wat U hom beloof het deur te sê: Daar sal vir U geen man in my oë ontbreek om op die troon van Israel te sit nie; sodat u kinders op hul weg ag gee, dat hulle voor my aangesig wandel soos u voor my aangesig gewandel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En nou, Here, God van Israel, laat tog ook u beloftes aan u dienaar, my pa Dawid, waar word. Want U het vir hom gesê: ‘As jou afstammelinge voor My lewe soos jy geleef het, sal hulle altyd oor Israel regeer.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Hou nou ook, HERE, God van Israel, die belofte wat U aan u kneg, my vader Dawid, gedoen het, naamlik: Daar sal vir jou nooit 'n man voor my aangesig ontbreek wat op die troon van Israel sal sit nie as jou seuns net hulle weg in ag neem deur te wandel voor my aangesig soos jy voor my aangesig gewandel het. |
| Afrikaans 1983 | “Here, God van Israel, bly dan nou by wat U u dienaar, my vader Dawid, beloof het toe U gesê het: ‘Ek sal sorg dat daar altyd iemand uit jou nageslag op die troon van Israel sal wees, mits jou nakomelinge let op hulle optrede en volgens my woord lewe, soos jy gemaak het.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, Here, God van Israel, hou nou ter wille van u dienskneg, my vader Dawid, by wat U hom beloof het toe U gesê het, ‘Daar sal nooit iemand vir jou ontbreek wat voor my aangesig op die troon van Israel sit nie, as jou seuns maar net ag slaan op hulle optrede deur voor My te leef soos jy voor My geleef het.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En nou, Here, God van Israel, moet U vir u dienaar, my pa Dawid, doen wat U belowe het. U het vir hom gesê: ‘Iemand van jou nageslag sal altyd op die troon van Israel sit, maar dan moet jou nageslag reg doen. Hulle moet lewe soos Ek wil hê en soos jy ook gelewe het.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, God van Israel, maak asseblief tog ook u belofte waar dat daar altyd een van my pa se kinders oor Israel sal regeer. Help elke koning dat hulle U soos my pa sal liefhê en volgens u woord sal leef. |