1 Kings 8:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Salomo het voor die altaar van die HERE gestaan voor die aangesig van die hele vergadering van Israel en sy hande na die hemel uitgebrei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het Salomo in die teenwoordigheid van die hele vergadering van Israel voor die altaar van die Here gaan staan en sy hande na die hemel toe uitgestrek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Salomo voor die altaar van die HERE gaan staan, teenoor die hele vergadering van Israel, en sy hande uitgebrei na die hemel |
| Afrikaans 1983 | Toe gaan staan Salomo regoor die altaar van die Here, voor die hele gemeente van Israel, en strek sy hande uit na die hemel toe |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het Salomo voor die altaar van die Here gaan staan, reg voor die hele geloofsgemeenskap van Israel. Hy het sy hande na die hemel uitgestrek |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het Salomo voor die altaar van die Here gaan staan. Hy het voor die hele volksvergadering van Israel gestaan en hy het sy hande uitgesteek |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl al die mense daar was, het Salomo voor die altaar gaan staan. Hy het sy arms opgelig en begin bid. |