1 Kings 8:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek het daar 'n plek vir die ark ingerig waarin die verbond van die HERE is wat Hy met ons vaders gesluit het toe Hy hulle uit Egipteland uitgelei het.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het ook ’n plek ingeruim vir die ark wat die verbond bevat wat die Here tydens die uittog uit Egipte met ons voorvaders gemaak het.”
Afrikaans 1933/1953 en daar 'n plek ingerig vir die ark, waarin die verbond van die HERE is, met ons vaders gesluit toe Hy hulle uit Egipteland uitgelei het.
Afrikaans 1983 en die ark waarin die verbond van die Here is wat Hy met ons voorvaders gesluit het toe Hy hulle uit Egipte gebring het, het ek daar gesit.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het daar 'n plek ingerig vir die ark waarin die verbond van die Here is, wat Hy met ons voorouers gesluit het toe Hy hulle uit Egipteland gelei het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het daar 'n plek gereedgemaak vir die kis van die Here waarin die verbond is wat die Here met ons voorvaders gemaak het toe Hy hulle uit Egipte gebring het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het ook vir die verbondsark ’n plek in die tempel gemaak. En in die ark is daar nog steeds die kliptafels wat die Here by Sinai gegee het toe Hy met ons voorouers ’n ooreenkoms gesluit het. Dit was nadat Hy hulle uit Egipte weggelei het.”