1 Kings 8:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het sy woord uitgevoer wat Hy gespreek het, en ek het opgestaan in die kamer van my vader Dawid en gaan sit op die troon van Israel, soos die HERE beloof het, en ek het 'n huis gebou vir die Naam van die HERE, die God van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 “Nou het die Here gedoen wat Hy belowe het, want ek het volgens die belofte van die Here in my pa se plek koning van Israel geword. Ek het hierdie tempel tot eer van die Naam van die Here, die God van Israel gebou.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het sy woord vervul wat Hy gespreek het, sodat ek opgestaan het in die plek van my vader Dawid, en ek sit op die troon van Israel soos die HERE gespreek het; en ek het die huis gebou vir die Naam van die HERE, die God van Israel,
Afrikaans 1983 “Die Here het die belofte nagekom wat Hy gemaak het. Ek het my vader Dawid se plek geneem en op die troon van Israel gekom soos die Here beloof het. Die tempel vir die Naam van die Here die God van Israel het ek gebou
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En die Here het sy woord wat Hy gespreek het, gestand gedoen, sodat ek in die plek van my vader Dawid opgestaan het en op die troon van Israel gaan sit het, soos die Here gesê het. Ek het die tempel vir die Naam van die Here, die God van Israel, gebou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En die Here het laat gebeur wat Hy belowe het. Ek het koning geword ná my pa Dawid, ek sit op die troon van Israel soos die Here belowe het, en ek het die tempel gebou om die Here, die God van Israel, te dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En hoe getrou is die Here nie! Ek het in my pa se plek koning geword en ek kon die tempel vir die Here bou. So het die Here sy belofte nagekom.