1 Kings 8:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar jy mag die huis nie bou nie; maar jou seun wat uit jou lendene sal voortkom, hy sal die huis vir my Naam bou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | maar jy is nie die een wat dit sal bou nie. Jou eie seun wat jy sal verwek, hý is die een wat dit sal doen.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Net maar, jy sal die huis nie bou nie, maar jou seun wat uit jou lendene sal voortkom, die sal vir my Naam die huis bou. |
| Afrikaans 1983 | Maar nie jý sal die tempel bou nie; jou seun wat uit jou voortgekom het, hý sal die tempel vir my Naam bou.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy is egter nie die een wat die tempel sal bou nie, maar jou seun wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal die tempel vir my Naam bou.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar jý sal nie die tempel bou nie, jou seun wat gebore sal word, hý sal vir My die tempel bou.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid se bedoeling was opreg en vir die Here was dit mooi, maar Hy het gesê dat Dawid se seun vir Hom ’n tempel sou bou. |