1 Kings 8:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Van die dag af dat Ek my volk Israel uit Egipte uitgelei het, het Ek geen stad uit al die stamme van Israel gekies om 'n huis te bou, dat my Naam daarin kon wees nie; maar Ek het Dawid gekies om oor my volk Israel te wees.
Afrikaans (NLV) 2011 ‘Vandat Ek my volk Israel uit Egipte gebring het, het Ek nie onder die stamme van Israel ’n stad gekies waar ’n tempel tot eer van my Naam gebou sou word nie. Maar Ek het wel Dawid gekies as koning oor my volk.’
Afrikaans 1933/1953 Van die dag af dat Ek my volk Israel uit Egipte uitgelei het, het Ek geen stad verkies uit al die stamme van Israel om 'n huis te bou, dat my Naam daar sou wees nie; maar Ek het Dawid verkies om oor my volk Israel te wees.
Afrikaans 1983 ‘Van die dag af dat Ek my volk Israel uit Egipte gebring het, het Ek uit al die stamgebiede van Israel nie 'n stad gekies waar 'n tempel gebou kan word sodat my Naam daar kan wees nie, maar Ek het vir Dawid gekies sodat hy oor my volk Israel kon regeer.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ‘Van die dag af dat Ek my volk Israel uit Egipte gelei het, het Ek onder al die stamme van Israel nie 'n stad gekies om 'n tempel te bou, sodat my Naam daar sou wees nie; maar Ek het Dawid gekies om oor my volk Israel te wees. ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ‘Van die tyd toe Ek my volk Israel uit Egipte gebring het tot nou toe, het Ek nie 'n stad gekies uit al die stede van die stamme van Israel nie, 'n stad waar iemand 'n tempel moet bou waar Ek kan verskyn nie, maar Ek het vir Dawid gekies om oor my volk Israel te regeer.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sedert die uittog uit Egipte het Hy nie vir Hom ’n stad gekies nie; ’n stad waarin die tempel gebou kon word en Hy aanbid kon word. Toe het Hy Dawid as koning aangestel.