1 Kings 8:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sodat die priesters vanweë die wolk nie kon staan om te dien nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van die HERE vervul. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Omdat die magtige teenwoordigheid van die Here die tempel gevul het, kon die priesters nie met hulle werk voortgaan nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van die HERE vervul. |
| Afrikaans 1983 | Daarom kon die priesters nie vir diens aantree nie. Dit was die magtige teenwoordigheid van die Here wat die huis van die Here gevul het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priesters kon vanweë die wolk nie bly staan om hulle dienswerk te doen nie, want die heerlikheid van die Here het die huis van die Here gevul. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die wolk was so dik dat die priesters nie kon sien om hulle werk te doen nie. Die Koning, die Here, was daar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was so oorweldigend dat die priesters nie eens hulle werk kon doen nie. |