1 Kings 8:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Salomo die oudstes van Israel en al die hoofde van die stamme, die familiehoofde van die kinders van Israel, by koning Salomo in Jerusalem laat bymekaarkom, om die verbondsark van die HERE uit die stad te bring van Dawid, na Sion.
Afrikaans (NLV) 2011 Salomo roep toe die leiers van Israel, al die stamhoofde en familiehoofde, bymekaar in Jerusalem. Hulle moes die verbondsark van die Here uit die Dawidstad, ook bekend as Sion, na die tempel oorbring.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het Salomo die oudstes van Israel en al die stamhoofde, die familie-owerstes van die kinders van Israel, by koning Salomo in Jerusalem byeen laat kom om die verbondsark van die HERE uit die stad van Dawid, dit is Sion, op te bring.
Afrikaans 1983 Daarna het Salomo die leiers van Israel, al die stamhoofde en die Israelitiese familiehoofde, by hom in Jerusalem bymekaargeroep om die verbondsark van die Here uit die Dawidstad, Sion, te laat uitbring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna het Salomo die oudstes van Israel, al die stamhoofde, die leiers van die families van die Israeliete, in Jerusalem by hom byeen laat kom om met die •verbondsark van die Here vanuit die Stad van Dawid, dit is Sion, op te trek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het koning Salomo al die leiers van die Israeliete laat bymekaarkom by hom in Jerusalem, al die stamhoofde en die familiehoofde van die Israeliete. Hy wou die verbondskis uit die Dawidstad, uit Sion, laat bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nadat Salomo die tempel gebou het, het hy al die stamleiers en die familiehoofde van Israel in Jerusalem bymekaar laat kom. Hy wou hê hulle almal moes teenwoordig wees wanneer die verbondsark van die Here uit Dawid se stad gedra word.