1 Kings 7:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al hierdie was van kosbare klippe, volgens die mate van gekapte klippe, met saag gesaag, van binne en van buite af, van die fondament af tot by die dak, en so aan die buitekant na die groot voorhof toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al hierdie geboue was van die fondament tot by die dak opgerig met goeie gehalte klip wat volgens presiese afmetings gekap en met ’n saag aan die voor- en agterkant afgewerk is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit was alles van kosbare klippe, volgens die maat van gekapte klip, aan die binne-- en buitekant met die saag bewerk, naamlik van die fondament af tot by die muurplate, en van die buitekant af tot by die groot voorhof. |
| Afrikaans 1983 | Al die geboue van die fondament af tot teen die dak is opgerig van duursame klip wat volgens maat gekap en aan weerskante met die saag afgewerk is. Ook die gedeelte buitekant tot teen die groot voorhof is so gebou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al hierdie bouwerk is gedoen met klippe van goeie gehalte, volgens die afmetings van gekapte klip, afgewerk met 'n klipsaag aan die binne- en buitekant – van die fondament af tot by die dakrant en buite tot by die groot voorhof. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het spesiale klippe gebruik om al die mure te bou, binne en buite, van die fondamente tot bo. Die werkers het die klippe klaar gekap so groot soos hulle moes wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die geboue is van die fondament tot die dak met ’n baie duursame klip gebou. Die gedeelte van die straat tot by die groot voorhof is ook met hierdie klip geplavei. Dit is vooraf in die steengroef volgens maat gekap en toe baie netjies met ’n saag aan alle kante afgewerk. |