1 Kings 7:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy huis waar hy gewoon het, het 'n ander voorhof binne die voorportaal gehad, wat van dieselfde werk was. Salomo het ook vir die dogter van Farao, wat hy as vrou geneem het, 'n huis gemaak soos hierdie voorportaal.
Afrikaans (NLV) 2011 Salomo se paleis was aan die binneplein agter die troonsaal. Hulle is al twee op dieselfde manier gebou. Hy het ’n soortgelyke paleis vir sy vrou, die dogter van die farao, gebou.
Afrikaans 1933/1953 Ook sy huis waar hy gewoon het, in die ander voorhof, van die saal af binnekant toe, was van dieselfde maaksel; en hy het vir die dogter van Farao wat Salomo geneem het, 'n huis gemaak soos hierdie saal.
Afrikaans 1983 Die gebou waar hy self gewoon het, was aan die binneplein agter die troonsaal en is op dieselfde manier gebou. Verder het hy 'n woonplek net soos die troonsaal gebou vir die farao se dogter met wie hy getroud was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy paleis waarin hy sou woon, wat deur 'n ander voorhof vanuit die troonsaal bereik kon word, is op dieselfde wyse gebou. Vir die farao se dogter wat Salomo as vrou geneem het, sou hy 'n woning oprig op dieselfde wyse as hierdie saal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy eie huis waar hy gewoon het, was op 'n ander stuk grond weg van die troonsaal en dit het gelyk soos die troonsaal. Hy het ook 'n huis gebou vir die farao se dogter met wie hy getrou het. Dit het soos die troonsaal gelyk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo se woonhuis is teen die agterste muur van die troonsaal gebou. Dit was min of meer dieselfde grootte as die troonsaal en het dieselfde afwerking as die ander geboue gehad. Vir die farao se dogter met wie hy getroud was, het hy ’n huis volgens die plan van die troonsaal gebou.