1 Kings 7:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het hy 'n voorportaal vir die troon gemaak waar hy kon oordeel, die voorportaal van oordeel; en dit was van die een kant van die vloer tot die ander met sederhout bedek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan was daar die troonsaal, ook genoem die regsgebou, waar Salomo regsake verhoor het. Dit het van die vloer tot teen die plafon panele van sederhout gehad. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het hy die troonsaal gemaak waar hy reggespreek het, die regsaal, en dit was bedek met sederhout van vloer tot vloer. |
| Afrikaans 1983 | Salomo het ook 'n troonsaal ingerig, die regsaal, waar hy hofsake verhoor het. Dit was van die vloer af tot teen die dak met sederhout uitgevoer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die troonsaal gemaak, die regsaal, waar hy regspraak moes lewer. Dit was bedek met sederhout van die vloer tot by die dakbalke. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het ook 'n troonsaal gebou. Dit was 'n hofsaal waar hy sou sit wanneer hy oordeel. Hy het die mure van die saal met sederhout toegemaak, die hout was van die vloer tot teen die dak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan was daar ook nog die troonsaal. Dit was die plek waar Salomo al die sake aangehoor en uitspraak gelewer het. Die hele vertrek was van bo tot onder met sederhout uitgevoer. |