1 Kings 7:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het 'n voorportaal van pilare gemaak; sy lengte was vyftig el en sy breedte dertig el; en die voorportaal was voor hulle, en die ander pilare en die dik balk was voor hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 Salomo het ook ’n pilaargang gebou. Dit was 25 meter lank en vyftien meter breed. Voor was daar ’n voorportaal met ’n afdak wat op pilare gerus het.
Afrikaans 1933/1953 En die pilare-voorhuis het hy gemaak, vyftig el in sy lengte en dertig el in sy breedte, met 'n voorportaal daarvoor, naamlik pilare en 'n afdak daaroor.
Afrikaans 1983 Salomo het ook 'n pilaargang gebou, vyf en twintig meter lank en vyftien meter breed. Dit het 'n voorportaal aan die voorkant gehad, met pilare en 'n afdak voor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die suilesaal het hy vyftig el lank en dertig el breed gemaak. Daar was 'n portaal aan die voorkant, en pilare met 'n afskorting voor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Salomo het 'n pilaargang gebou, dit was 50 el lank en 30 el breed. By die voorkant was daar 'n voorportaal en 'n dak op pilare.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo het ook ’n pilaargang gebou wat 25 meter lank en vyftien meter breed was. Voor die pilaargang was daar ’n portaal met ’n dak wat ver oor die portaal gesteek het.