1 Kings 7:51 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So was al die werk beëindig wat koning Salomo vir die huis van die HERE gemaak het. En Salomo het die gawes ingebring wat sy vader Dawid geheilig het; ook die silwer en die goud en die voorwerpe het hy onder die skatte van die huis van die HERE gesit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Salomo het al die werk aan die tempel van die Here afgehandel. Daarna het Salomo al die geskenke wat sy pa, Dawid, aan die Here gewy het in die voorraadkamers van die Here se tempel gebêre. Dit het bestaan uit silwer, goud en toebehore. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe al die werk wat koning Salomo in die huis van die HERE gemaak het, gereed was, het Salomo die geheiligde gawes van sy vader Dawid ingebring; die silwer en die goud en die voorwerpe het hy in die skatkamers van die huis van die HERE neergesit. |
| Afrikaans 1983 | Nadat al die werk wat koning Salomo aan die huis van die Here gedoen het, afgehandel was, het hy die gewyde gawes van Dawid, sy pa, ingebring. Die silwer en die goud en die toebehore het hy in die voorraadkamers van die huis van die Here gesit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe al die werk wat koning Salomo aan die huis van die Here gedoen het, afgehandel was, het Salomo die •heilige gawes van sy vader Dawid, die silwer en goud en ander voorwerpe, na binne geneem en dit in die skatkamers van die huis van die Here geplaas. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe al die werk by die tempel klaar was, die werk wat koning Salomo gesê het hulle moet doen, het hy die wydingspresente van sy pa Dawid gebring en hy het dit in die stoorkamers van die tempel gesit. Dit was silwer en goud en ander goed. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nadat koning Salomo die tempel klaar gebou het, het hy al die silwer, goue en ander voorwerpe wat sy pa, Dawid, in sy lewe versamel en aan die Here se diens gewy het, in die tempel se voorraadkamers gaan stoor. |