1 Kings 7:50 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die komme en die snuite en die komme en die skepe en die vuurpanne van suiwer goud; en die goue skarniere vir die deure van die binneste huis, die Allerheiligste, en vir die deure van die huis, naamlik van die tempel.
Afrikaans (NLV) 2011 die bakke, skêre, en komme vir besprinkeling, panne en die vuurbakke, alles van suiwer goud; die skarniere aan die deure van die binneste vertrek, die Allerheiligste, en aan die deure van die voorste heiligdom − dit alles was van goud.
Afrikaans 1933/1953 en die skottels en die messe en die komme en die rookpanne en die vuurpanne, van fyn goud; en die skarniere vir die deure van die binneste vertrek, van die Allerheiligste, en vir die deure van die saal, van die hoofvertrek, van goud.
Afrikaans 1983 die bakke, die skêre, die komme vir besprinkeling, die panne en die vuurbakke, alles van suiwer goud. Ook die skarniere aan die deure van die binneste vertrek, die Allerheiligste, en dié aan die deure van die voorste heiligdom was van goud.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) die bakke, messe, offerbakke, skottels en die vuurpanne van fyngoud; die goue beslag vir die deure na die binneste vertrek, die Allerheiligste, en vir die deure na die tempel, die hoofvertrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) die bakke, die skêre, die skottels, die panne en die vuurbakke, alles van skoon goud, die goue skarniere vir die deure van die binneste en die voorste kamers van die tempel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) die bekers, die skêre, die komme vir besprinkeling, die panne vir die wierook en die vuurbakke waarmee gloeiende kole gedra is. Al hierdie voorwerpe is van suiwer goud gemaak. Verder was die skarniere van die deure na die binneste vertrek, die Allerheiligste, ook van goud, sowel as die skarniere van die tempel se voordeure.