1 Kings 7:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en vier honderd granaatjies vir die twee vlegwerke, twee rye granaatjies vir een vlegwerk, om die twee bakke van die kapitele wat op die pilare was, te bedek;
Afrikaans (NLV) 2011 400 granate wat aan die kettings van die kapitele gehang het (dit is twee rye granate vir elke ry kettings wat rondom die kapitele bo-op die pilare gehang het);
Afrikaans 1933/1953 en die vier honderd granaatjies vir die twee stukke vlegwerk: twee rye granaatjies vir elke vlegwerk, om die twee bolle van die kapitele bo-op die pilare te oordek;
Afrikaans 1983 die vier honderd granate vir die twee roosters, 'n dubbele ry granate vir elke rooster waarmee die skywe van die kapitele bo-aan die pilare toegemaak is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) die vierhonderd granate vir die twee stelle vlegwerk om die twee bolvormige kapitele wat aan die bopunte van die pilare was, te bedek – twee rye granate vir elke stel vlegwerk;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) die 400 granate in twee rye op die nette langs die voorkante van die pilare,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) die 400 brons granate wat in twee rye van 100 elk rondom elke kapiteel gerangskik is;