1 Kings 7:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) die twee pilare en die twee bakke van die kapitele wat bo-op die twee pilare was; en die twee vlegwerke om die twee bakke van die kapitele te bedek wat bo-op die pilare was;
Afrikaans (NLV) 2011 twee pilare, twee komvormige skywe bo-op die pilare, twee rye kettings rondom wat die kapitele versier het;
Afrikaans 1933/1953 twee pilare met die twee bolle van die kapitele wat op die top van die pilare was, en die twee stukke vlegwerk om die twee bolle van die kapitele op die top van die pilare te oordek;
Afrikaans 1983 die twee pilare met die komvormige skywe, die kapitele bo-aan die twee pilare, en ook die roosters waarmee die skywe van die kapitele bo-aan die pilare toegemaak is;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) twee pilare; die twee bolvormige kapitele wat aan die bopunte van die twee pilare was; die twee stelle vlegwerk waarmee die twee bolvormige kapitele wat aan die bopunte van die pilare was, bedek is;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was die twee pilare en die kapitele bo-op die pilare en die nette,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) die twee bronspilare wat Boas en Jakin genoem is; die twee komvormige vorms bo-op die twee pilare; die gevlegte kettinkies op elke kapiteel;