1 Kings 7:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hiram het die waskome en die skoppe en die komme gemaak. So het Hiram dan al die werk voltooi wat hy vir koning Salomo vir die huis van die HERE gemaak het en
Afrikaans (NLV) 2011 Verder het hy ook wasbakke, grawe en komme vir besprinkeling gemaak. So het Hiram alles voltooi wat koning Salomo aan hom opgedra het vir die bou van die tempel vir die Here. Dit was:
Afrikaans 1933/1953 Verder het Hiram die potte en die skoppe en die komme gemaak. So het Hiram dan al die werk voleindig wat hy vir koning Salomo in die huis van die HERE gedoen het:
Afrikaans 1983 Hiram het die waskomme, die skoppe en die komme vir besprinkeling gemaak. So het hy al die werk afgehandel wat hy vir koning Salomo aan die huis van die Here moes doen:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna het Hiram die houers, skoppies en offerbakke gemaak. So het Hiram al die werk afgehandel wat hy vir koning Salomo in die huis van die Here moes doen:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het Hiram die bakke en die grawe en die skottels gemaak. Hy het al die werk by die tempel klaargemaak vir koning Salomo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hiram het die waskomme, die skoppe en die komme vir besprinkeling gemaak. En hy het al die werk aan die tempel wat hy in opdrag van Salomo gedoen het, voltooi. Dit is wat hy gedoen het: