1 Kings 7:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het vyf voetstukke aan die regterkant van die huis en vyf aan die linkerkant van die huis gesit; en hy het die see aan die regterkant van die huis gestel, oos, teenoor die suide.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het vyf waentjies aan die suidekant van die tempel gesit en die ander vyf aan die noordekant. Die waterbak het hy by die suidoostelike hoek van die tempel gesit.
Afrikaans 1933/1953 Toe het hy die afspoelwaentjies opgestel: vyf aan die suidekant van die huis en vyf aan die noordekant van die huis; maar die see het hy aan die suidekant van die huis opgestel, teen die ooste na die suide toe.
Afrikaans 1983 Hy het vyf waentjies regs van die tempel gesit en vyf links. Die waterbak het hy regs van die tempel gesit, aan die suidoostekant.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So het hy die verskuifbare staanders geplaas: vyf aan die regterkant van die tempel en vyf aan die linkerkant van die tempel. Die See het hy in die regterflank van die tempel geplaas, in die suidoostelike hoek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hiram het die waentjies voor die tempel gesit, vyf waentjies langs die suidekant en vyf langs die noordekant. Hy het die waterbak langs die suid-oostelike kant van die tempel gesit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het vyf waentjies aan die suide- en vyf aan die noordekant van die tempel gesit. Die waterbak het hy in die suidoostelike hoek gesit.